Belangrike aksies en tye waarvan u moet weet

Al die aksies wat in die gemeente plaasvind, is aangebring op die kalender.  Bestudeer dit gerus om op die hoogte te bly en kontak die kantoor as daar enige ander vrae is.  

  • Belangrik is om te onthou dat die eredienstye vanaf 1 Oktober tot 31 Maart vanaf 09:00 – 10:00 is en verander in die winter (1 April tot  30 September) vanaf 09:30 – 10:30.  
  • Kategese is direk na die erediens tydens die kwartaal.  Almal kom eers in die kerk bymekaar vir ±10 minute en vertrek vandaar na die klaskamers.
  • ‘n Kinderkerk vind elke Sondag in kwartaaltyd in die Pastoriesaal plaas.
  • KIX (Kinders in Christus) vir Graad R – 6 vergader op Maandae in Die Ou Waenhuis.
  • Daar is elke Woensdagaand ‘n Jeugbyeenkoms vir hoërskool leerders in Die Ou Waenhuis.
  • Silwer Vleuels Seniorklub funksioneer op Woensdae en Vrydae vanaf 8:30vm in Die Ou Waenhuis.
  • 1 Keer per maand is daar ‘n Jubelaand waar jy net lekker kan kom saamsing.  Spesifiek vir die mense wat lief is vir lofprysing.
  • Die eerste erediens van elke kwartaal is spesifiek gefokus op die bediening van die kind in die erediens.
  • Al die bedieninge vergader 1 keer per maand soos op die tye aangebring op die kalender.
  • Almal word hartlik uitgenooi na die teedrinkgeleentheid elke Sondag net na die oggenddiens in die Pastoriesaal.

 

Ons leraars

Erik (FDJ) Basson (gebore 1954) is 'n boorling van Piketberg, was 'n student op Stellenbosch en is in 1980 gelegitimeer. Erik is opgelei in Maatskaplike Werk en het deeltyds 'n MTh verwerf. Vanaf 1981-1991 was hy predikant in Parow-Wes en sedertdien op Vredenburg. Hy is getroud met Alet, 'n kleuterskool-onderwyseres. Die egpaar het drie seuns: Christoff, Henk en Derik. Die nuwe intrekkers sal Erik eien as "die een met die langer krulhare". Erik is verantwoordelik vir die blokke Lydia, Vasti en die buite wyke - Paternoster, plase, plotte en Jacobsbaai.

 

Thys (MM) du Toit (gebore 1982) is ‘n boorling van Vredenburg, maar het op die ouderdom van ses jaar na Sasolburg toe verhuis. Hy het in Pretoria studeer en is in 2008 gelegitimeer. Vanaf 2009-2011was hy predikant op Warmbad en is in Februarie 2012 op Vredenburg ontvang. Hy is getroud met Elnette, 'n apteker. Die egpaar het 'n dogtertjie: Elma. Thys is, vir nuwe intrekkers, "die jong dominee". Hy is baie lief vir die natuur, avontuur en oefen en u behoort hom gereeld op sy fiets te sien. Thys is verantwoordelik vir die blokke Naomi, Tabita en Maria.

 

Plekke waar u betrokke kan raak

 

o  Die onderskeie bedienings

o  Voorsang

o  Kategese

o  Kinderkerk

o  Kix (Kinders in Christus)

o  Dienswerker

o  Gebed

o  Klankman / rekenaaroperateur

o  Projekte vir fondsinsameling

o  Uitreike

o  Kleingroepe

o  Bybelstudies

o  Seniorklub

o  Toerusting

o  Eiendomsprojekte

o  Barmhartigheidsprojekte

Inligting

 

Sondag

Erediens - 9:00

Kategese - 10:00

Aanddiens - raadpleeg almanak.

 

 

Vrydag 

Kix - 15:00 - 16:00 by ou Waenhuis

 

Nuutste Afkondigings

Who's Online

We have 182 guests and one member online