Die huisverlater of student

Gesinsbediening

Wat is die Gesinsbediening? Die Gesinsbediening streef daarna om in ons bedienings vir ons kinders, jongmense, mans, dames en senior lidmate ‘n veilige ruimte te skep vir deelname, bekering, uitreik na ander in nood en geestelike groei om so die opdrag van dissipels maak, te gehoorsaam. Ons beskou ons roeping as ‘n voorreg en wil daarom al die bogenoemde groepe op ‘n kreatiewe manier bedien, sodat elke groep kan ervaar dat daar werklik vir hulle ‘n geestelike tuiste geskep word in NG Vredenburg.

Senior Lidmate

Die Bybel is duidelik oor ons opdrag om die bejaardes in ons gemeenskap te versorg. Ons leef in ‘n gemeenskap waar daar baie bejaarde mense leef wat op verskeie gebiede swaarkry ervaar. Baie senior lidmate sukkel nie net finansieel nie, maar ook fisies en emosioneel. Daar word dikwels van hulle behoeftes vergeet en dit is baie maklik dat hulle op die kantlyn geplaas kan word. Daarom wil ons deur verskeie projekte die nodige ondersteuning en liefde verleen aan alle senior lidmate in ons eie gemeente en gemeenskap. Daar is so baie maniere hoe ons kan help, is jy bereid om iets van jouself te gee?

Vrouebediening

Hopelik kan die vrouebediening hierdie maand meer word as net ‘n droom. Alle vroue ken die uitdagings van die lewe - of jy nou ‘n huweliks- maat, ‘n ma, ‘n weduwee, ‘n enkelma of ‘n ongetroude dame is. Die res van ons besef egter hoe kosbaar julle vir ons samelewing is, daarom is dit ons hoop dat julle die nodige ondersteuning sal kry. Dit sal die doel van die vrouebediening wees, om die nodige liefde en ondersteuning aan vroue in ons gemeenskap te bied.

Who's Online

We have 4423 guests and one member online