Aandbyeenkomste
Raadpleeg almanak aangesien tipe dienste wissel.
Dankoffers
Indien u graag 'n bydrae aan die gemeente wil maak, kan u dit in die volgende rekening inbetaal:
ABSA Bank - Vredenburg (Lopende Rekening)
Rek naam: NG Kerk Vredenburg
Rek no: 1300580048
Verwysing: Van (bv Nel) & Wyk afkorting (bv VA vir Vasti A)
Jeug
Kategese: Skoolkwartaal Sondae na die Erediens
KIX Kinderaksie: Vrydae 15:00 - 16:00 by die Ou Waenhuis
Doop
Doopouers registreer by die kerkkantoor en kontak dan die leraar. Doopgesprekke vind een keer per kwartaal in groepsverband plaas en strek oor 4 weke. Die gesprekke word deur beide leraars hanteer en sal op Donderdag aande vanaf 19:00 plaasvind in die Pastoriesaal. Ouers word versoek om asb sover moontlik 'n oppasser tydens die opleiding te probeer reël. Doop is die eerste Sondag van elke maand.
Begrafnisse
Reël met leraar alvorens u verdere reëlings tref.
Doopseel en Lidmaatskappe
Kontak die administratiewe beampte.
Huwelike
Voornemende paartjies moet vroegtydig met die kerkkantoor in verbinding tree sodat reëlings vir die huweliks kategese en huweliks datum met die leraar getref kan word. Fooie is betaalbaar voor die huwelik plaasvind.